gewildstegedigte.litnet.co.za » N.P. van Wyk Louw

Vier gebede by jaargetye in die Boland
Mei-Julie 1937

I. Vroegherfs

Die jaar word ryp in goue akkerblare,

in wingerd wat verbruin, en witter lug

wat daglank van die nuwe wind en klare

son deurspoel word; elke blom word vrug,

tot selfs die traagstes; en die eerste blare val

so stilweg in die rook-vaal bos en laan,

dat die takke van die lang populiere al

teen elke ligte môre witter staan.

O Heer, laat hierdie dae heilig word:

laat alles val wat pronk en sieraad was

of enkel jeug, en vér was van die pyn;

laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort

my waan, tot al die hoogheid eindelik vas

en nakend uit my teerder jeug verskyn.

II. Uit hierdie ligte herfs

Uit hierdie ligte en wye herfstyd straal

’n nuwe, namelose vreug in my

dat ek verwilderd deur ’n wêreld dwaal

waar dinge daeliks hul vervulling kry:

die vleie staan weer soggens vol, en wit

van waterblomme; en skeemrings wit soos graan

wat die rykheid van veel somerlug besit,

kom oor die geel boorde en stoppellande aan.

Waarom die smart wat nou weer stilweg skryn,

en hierdie preweling van nuwe woorde,

dié gemis? Is alle wording pyn,

en alle bid die tas van ons verstoorde

hart na nuwe name vir die leed

van die wondre uitbloei wat hy in hom weet?

III. Winter

Nou lê die aarde nagtelang en week

in die donker stil genade van die reën,

en skemer huise en takke daeliks bleek

deur die wit mistigheid en suising heen.

Dis alles ryk en rustig van die swaar

geheime wasdom wat sy paaie vind

deur warm aarde na elke skeut en blaar,

en ver en naby alles duister bind

in vog en vrugbaarheid en groot verlange;

tot ons ’n helder middag skielik sien

die gras blink, en die jong graan teen die hange,

en weet dat alle rus die lewe dien:

hoe kon ek dink dat somer ryker is

as hierdie groei se stil geheimenis?

IV. Eerste sneeu

Die blydskap het oornag soos nuwe sneeu

die laagste hellings van my vroeë smart

tot skoonheid omgeskep waar elke skreeu

soos ’n sweep in die blink lig van die klowe hard

en helder klink. Die ronde aarde staan

wit oopgekelk en suiwer soos ’n blom –

een glinstering waar die nuwe waters gaan,

verwagtingloos, want alles het gekom.

O hart, sal vreugde hoër gaan, en jy

nie sterf? Daar kom in my ’n stil vermoede

dat alle lewe só sy volheid kry

en heerlik gaan in die rustige dood se hoede,

dat jy sal spoel en breek en uitgestort

in hierdie wit golf van die vreugde word.

Nog eenmaal
Nog eenmaal wil ek in die skemeraand

weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan,

weer met my rek óp in die donker skiet,

en luister, en al word ek seer en dof,

hoe die klein klippie ver weg in die riet

uit donker in die donker water plof.

Raka
I. Die koms van Raka

Die vroue het hom die eerste gewaar

in die loom namiddag toe die arbeid klaar

was – aan die stampblok, in die jong-groen landerye –

en hulle gedrie, geviere, in dun rye

met kruik en geel, wind-ligte kalbas

op heup en skouer deur die stekerige gras

rustig gestap het na die koel seekoegate

om daar te drentel tot die bruin en laat

skemering en die eerste sterre, met klam sand,

om veel te lag en ure te praat,

of skugterig soms een-een uit te waad

deur die taai waterblomme, naak en blink . . .

Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink,

wat swart en donker is, van been en spier

’n lenige boog, en enkeld dier.

Oorkant die water het hy uitgestap

uit die gebreekte riete, en soos ’n kind wat om die grap

van ’n bont kalbassie tandeloos en stil lag,

wit gegryns en, neergehurk, gewag.

Die vroue het sku digter by mekaar

gekruip en oor die stil stroom gestaar:

het hy êrens deur die groot moerasse gekom

waar die ryk waters vlakker óm en óm

in vuil skuim maal en onder die son lê en blink

dagreise breed, en die opdrifsels stink,

verrottend, in die biesies en warm riet?

Hy was geen boorling van dié ruim gebied

van oerwoud en groot groen riviere.

Maar nou het hy met ’n kabbeling in sy spiere

opgerys en oor die grys sand

’n vreemde dans gevoer uit sy land:

geil van begeerte, van wilde vlug en vang

en paring en uitskree onder die dwang

van drifte wat geen naam of doel meer ken;

en toe, soos ’n naelloper na die wit lint ren,

die water afgeskiet en weggeraak

waar die bosse ver-weg blou gange maak . . .

maar teruggekom terwyl die vroue nog stil

was van die wonder – een het geril

asof die poele skielik kouer

was tussen die kanette – en oor sy skouer

’n jong bok gedra waarvan die keel

vars uitgeskeur was met ’n hand, en die geel

huid, vol trilling nog, besmeer

met bloed; dié het hy skuwerig neer

laat gly op die sand, oorkant die water,

en vriendelik gelag met oog en tand

en rooi tong soos van ’n hond; daarby

vrugte en neute en soet riet wat hy

met ’n taai afbeur van die takke gepluk

het, of mét die bleek wortels uitgeruk;

maar woorde het hy geen enkele gesê.

Toe het die vroue die geskenke laat lê

en deur die skemerte die paadjie na die kraal

gevat, die kruike op die kop, traag en skraal,

en langer in die dun skemerlig,

gewieg op heup en voet, in lenige ewewig;

maar min gepraat, want elkeen was ontrus

oor die mooi dier en die vreemde lus

wat sy diep in haar hart maar sterk voel roer het

– soos ’n kind wat speel en áfloer

in die oog van ’n droë bron, miskien

swart water en blink paddas sien . . .

sy hart bly ongerus in die son en by die spel

deur die vermoede van ’n vreemde land gekwel –

so ’t hulle deur die jong aand uit die riet

opgekom. En dié nag was raaisel en lied

stil rondom die kole, maar laat

was die duister nog lewend en luid van die praat.

Die kinders het sku en wyd-oog gesit

en wakker nog toe die as wit

van die laaste stompe val.

Die ander dag

toe die blou visvanger stil was na sy jag

oor die gladde, warm seekoegate,

en klein geslaap het aan ’n takkie oor die water,

het die kinders hom gesien – Raka, die swart dier:

nou ’t hy oor die sand vir hulle plesier

gebuitel, soos ’n perd gerol, gegryns, gespring,

met ’n mank dans gehuppel in ’n kring, –

en skielik in die water weggeplas

waar hy glad en vinnig soos ’n otter was.

’n Blink vis het hy uit op die sand gegooi,

lank soos ’n man se skeen en rooi

en geel gevlek bo die wit maag; . . .

maar meer as hul vrees het hy hulle behaag

met sy mal spronge; hulle het gevlug

lag-lag die biesies uit, maar lag-lag trug

gekyk oor hy so snaaks was; en bo in die kraal

met lag en skrik die ding verhaal.

Die manne het daarna sy krag bemerk

aan die tekens van die groot bosse: sy werk

moes dit gewees het as die swart buffelbul

wat die bosgange en grasruigtes vul

met hees snuiwe en bulk, smôrens styf

in die voetpad gelê het waar die swaar lyf

in die knieë geknak het; as die krokodil

hoog op die sand uit gelê het en ril

soos ’n klein akkedissie wat die kinders met ’n stok

geslaan het; – of die ou spiesvegter, die gensbok,

oordwars, gebreek, stil tussen die polle was;

– as die vlakvark gelê het in die gras

met sy wit lemme, en sy oë soos ’n vis

se oë styf. Die jagters wis

wat krag was en hulle het gevrees.

Maar in die rooi nag by die wilde fees

met bier en bloed en dans en trom

het elkeen soos vuur aan sy voete voel kom

die nuwe jag –

en blind was die oë, wit van die waan, van ’n nuwe krag

en ’n nuwe dans; en duister woorde

het opgeskuim in ’n vreemd-verstoorde

gesang, soos vuil water wat ópwolk

as die magtige seekoei onder in ’n kolk

sy donker vaart vat . . .

Net een was stom

en het ver buite die digte drom

en die rooi glans gestaan in die nag:

Koki, die ratsste op sy voete in die jag,

die slank speler met die spies, hy wat

’n jong bul op sy skuins skouers vat

en wegdra soos ’n hond – hy ’t nie gesing

aan die swart lied wat uit die kring

in die rook en stof gestyg het, maar gedink

aan die ou en helder verdriet wat klink

in die vroeër, yler liedere, en vermoed

dat daar veel kwaad in aantog deur die bloed

van sy besete mense was.

Maar nou

het Raka soos ’n hond pal om die kraal gehou:

geeneen het bedags die klein voetpaaie

gevat wat kronkel deur die draaie

van die blou bosse, of die grasruigtes of palmiet,

en nie sy swart lyf sien roer in die riet

of kreupelhout, of êrens soos ’n skildwag gestel –

maar in die nag as die bosapies skel

uit die donker klae, het hy óm die kraal

soos die ritseling van klein nagdiere gedwaal;

as die wit mis uit die water styg

en in die donkerte gras en blaar en twyg

langs die klam paaie tot ’n vaalte bind

wat soos lang drade beweeg met die wind,

het Raka uit sy lêplek opgekom en gegluur

na die gloed en die rooi strepe van die vuur

tussen die pale deur; en dan het hulle gehoor

ver en verdrietig, in die mis verloor,

sy huil soos van ’n dier, of skielik ná

en skerp sy strand jut-lag, dan klae

en sagte snorke weer, en laat

as die kole koud was en die rokie slaat

af grond toe van die swaar mis en smoor

die kraal en hutte bitter, het hulle gehoor

hoe hy hard in die nag aan die dun pale snuif.

’n Vrou het dan soms onrustig rondgeskuif

op haar matte, swaar van droom, en uit die stil

hut skielik helder uitgegil

van wellus en skrik, en daarna in halwe waak

geweet dat die groot dier naak

en rusteloos buite in die donker was.

Karoo-dorp: someraand
Die laat-middag het room geword

en treine wat ver fluit

en ’n wit-bont klaas-skáwagter

wat wag-hou op ’n kluit

en rook uit die lokasie rook

en by die dorpsdam sing

en mense in tennisbroekies loop

die koper skemer in

dóér op die nasionale pad

loop motortjies onhoorbaar, hoog;

Oum-Appie-Slagkraal se ou fiets

kom staan, vanself, moeg, voor die oog:

Tant’-Tolie-met-die-kanker kom

sit op die bordienghuis se stoep:

vanaand gaan hoor ons nog hoe sy

die Here en die uile roep.

Grense
My naakte siel wil sonder skrome

in alle eenvoud tot jou gaan,

soos uit diepe slaap ons drome,

soos teen skemerlug die bome

opreik na die bloue maan;

gaan met al sy donker wense,

en die heilige, nooit-gehoorde

dinge sê, waarvoor die mense

huiwer, en wat om die grense

flikker van my duister woorde.

Die beiteltjie
Ek kry ’n klein klein beiteltjie,

ek tik hom en hy klink;

toe slyp ek en ek slyp hom

totdat hy klink en blink.

Ek sit ’n klippie op ’n rots:

– mens moet jou vergewis:

’n beitel moet kan klip breek

as hy ’n beitel is –

ek slaat hom met my beiteltjie

en dié was sterk genoeg:

daar spring die klippie stukkend

so skoon soos langs ’n voeg:

toe, onder my tien vingers bars

die grys rots middeldeur

en langs my voete voel ek

die sagte aarde skeur,

die donker naat loop deur my land

en kloof hom wortel toe –

só moet ’n beitel slaan

wat beitel is, of hoé?

Dan, met twee goue afgronde

val die planeet aan twee

en oor die kranse, kokend,

verdwyn die vlak groen see

en op die dag sien ek die nag

daar anderkant gaan oop

met ’n bars wat van my beitel af

dwarsdeur die sterre loop.

Ballade van die bose
Ken jy my nou?

Het jy die spieël gesien

en ken jy jou?

Wanneer jy wil vlug

uit die stad wat brand,

dan vlug ek saam

soos ’n vrou aan jou hand.

Die veles meen

hulle ken my gesig,

maar ek skuil te glansryk,

te na aan die lig,

en as hul wil waarsku

en wysheid gee,

dan praat ek reeds

in die woordklank mee;

en die snelles vlug,

waarheen? vir wie?

ek is nie skoon

of aaklig nie,

en waar hulle vlug,

daar dra hul my mee

in die grys-wit groewe

van die senuwee.

Ek is ín jou

gevleg, gerank

soos ’n wortel in

in die donker bank,

en van voor die daeraad

se blank begin

straal ek by albei

jou oë in.

Weet jy genoeg:

wat God vereen het,

hoort saamgevoeg?

Ek is jou wese

se ondergrond

en ek trap in jou spoor

soos ’n goeie hond.

Toe God die aarde,

die silwer bal,

in vreugde en spel

uit sy hand laat val,

was ek die baaierd

waarin dit weeg,

die vormlose,

en woes en leeg.

Toe ’n stil vroeë water

– voor vis of net –

tot die eerste wit kiem

geëtter het,

was ek die donker

wat onder skuil:

die koue grond en

swart klip van die kuil.

Ek was die skaduwee

van Gods gang:

ál wat Hy verlaat het,

het ek gevang;

en nou dat jy groei

om die baasskap te hê,

is ek die rooi naelstring

waaraan jy lê.

Ek is jou wese

se ondergrond

en ek trap jou spoor

soos ’n goeie hond.

Wil die kennis nou kom:

ek is die grond

al is jy die blom?

Al is julle helder

en slank en vry

moenie dink dat julle

my dood sal kry,

of my strenge gang

op my baan sal stoor:

al is ek die hond,

ek hou die spoor,

ek blaf teen elke

horison

en as Gods Gees

voor die suiwer son

tot skoner gestalte

as julle is, skry,

sal ek weer helder wees,

slank en vry.

O waar sal jy gaan

en met watter skip?

die aarde is branding

en oral is klip,

of as jy wil vlug

uit die stad wat brand,

dan vlug ek saam

soos ’n vrou aan jou hand.

Ken jy my nou?

Het jy die spieël gesien,

en ken jy jou?